Dis in elk geval goed om nou bietjie weer te beweeg, want daar is allerhande ander goeters wat ek wil maak, en vir my kleinseuntjie wat oppad is, moet ouma darem ook tussenin werk.
Nodeloos om te sĂȘ ........ek was alweer by die wol-winkel. Lyk my die wintervoorraad kom nou so stadigaan in, en ek MOET van daardie mooi wol in die hande kry.
Maar terug by die hippie-kombers:
Ek werk dit sommer hier op die mat aanmekaar, dan kan ek mooi sien waar moet wag gaan .........maar ai, my rug!
Hier is sommer iets oulik om julle dalk ook lus te maak vir die tuin .....vir oulaas, voor die winter weer kom:
Nou's dit eers tyd vir aandete..............lekker hekel .....
CHEERS!
No comments:
Post a Comment