Tussen al die sukkel-om-te-sien-swart-wol deur werk my koppie oortyd aan wat ek volgende gaan doen. Die wol vir my nuwe kleinseun se kombersie lê en wag.........(dit gaan natuurlik nie so lyk met al die blou nie)
........En my agterstewe jeuk om by die wolwinkel uit te kom - so ek MOET solank gaan kyk watter wol gaan ek koop vir my volgende projek.
Mens kan mos nie net aan een ou dingetjie werk nie.
Hoekom het ek nie drie pare hande nie?
EN ........dan is daar die boek wat my vriendin Retha vir my gekoop het! Daaroor kan ek nou niks sê nie, want .......EK GAAN NOU EERS WOLWINKEL TOE ..........CHEERS!
No comments:
Post a Comment