Monday 16 January 2012

Die eerste keer ........

My naam is Estelle. Ek 'bestaan' in Pretoria nadat ons 13 jaar in die Laeveld gewoon het. Mens kom altyd voor keuses te staan en ek glo ons het die regte keuse gemaak om stad toe te trek (al was dit baie swaar).  Ek glo daar is 'n tyd vir alles in 'n mens se lewe..........en hierdie is die tyd vir ons nuwe kleinkinders. Ek weet daar is baie wat vir my sal se mens trek nie agter jou kinders aan nie, en ek glo dit ook (tot 'n mate)  Ek sou NIKS op hierdie aarde verruil vir die wonderlike tye saam met ons eerste kleindogtertjie nie. Nou is daar al 2 en 'n derde is op pad. Vir die wat alreeds weet: daar is NIKS lekkerder as om 'n OUMA te wees nie.

Ek verrig nie op die oomblik 'slawe-arbeid' van 8 tot 5 nie (sal sien hoe lank dit hou......), maar help my man met sy administrasie. Die SLEGSTE hiervan is:  geen salaristjek.......... maar die BESTE hiervan is: ek het tyd om kreatief te wees en die dinge te doen waarvan ek hou.

Ek skryf, skilder, vroetel in my tuin en doen naaldwerk - nie 'klere-maak' naaldwerk nie. Ek hou niks daarvan nie (alhoewel ek 'n diploma in snykuns en ontwerp het). Ek hou van baba-'quilts', doeksakke, handsakke, kussings, mooi tafeldoeke en lappies en allerhande sulke goed.  Ek het onlangs vir my ma 'n kussingoortreksel gemaak (eerste probeerslag) en dit het nogal nie sleg uitgekom nie. (Foto)

Ek het soms niks om te se nie, maar ek het ook soms baie om te se. Soos een van my vriendinne hier ook se:  Ek dink ek moes 'n 'gypsie' of 'hippie' gewees het. Ek's MAL oor kleur, en nogmaals kleur en blink goed praat ook met my siel. Soms hou ek weer meer van die klassieke, eenvoudig, tog ryk ...............!

Sien, ek is nogal ingewikkeld en weet nie altyd wat ek wil he nie, en alhoewel dit my soms teen die mure kan dryf, is ek mal daaroor. "Never a dull moment"....... ook nie vir die arme mense wat saam met my in een huis moet lewe nie...........

Ek het ook nou genoeg gese (my keel is droog......hehe). Dis nou teetyd en dan - naalde vat!  Tot later .......