Monday 27 February 2012

Nuwe inspirasie ......

Ek het nuwe inspirasie gekry ............al die stunning foto's op die facebook bladsye het my weer woema gegee vir my hippie-kombers.

Dis in elk geval goed om nou bietjie weer te beweeg, want daar is allerhande ander goeters wat ek wil maak, en  vir my kleinseuntjie wat oppad is, moet ouma darem ook tussenin werk.

Nodeloos om te sĂȘ ........ek was alweer by die wol-winkel.  Lyk my die wintervoorraad kom nou so stadigaan in, en ek MOET van daardie mooi wol in die hande kry.

Maar terug by die hippie-kombers:


Ek werk dit sommer hier op die mat aanmekaar, dan kan ek mooi sien waar moet wag gaan .........maar ai, my rug!

Hier is sommer iets oulik om julle dalk ook lus te maak vir die tuin .....vir oulaas, voor die winter weer kom:


Ek wil dit ook nog iewers inpas........en hierdie bootse is nogal nie goedkoop nie, maar nou ja ......


Nou's dit eers tyd vir aandete..............lekker hekel .....

CHEERS!