Friday 20 January 2012

Nuwe inspirasie

Ek was so geinspireer deur fotos wat ek op 'n vriendin se blog gesien het, dat ek sommer dadelik die wol naderge"HAAK" het.  Dis reg ............. dis tyd om te hekel. Dankie Elsa vir jou inspirasie!

Ek het besluit om nie 'n TE groot projek aan te pak nie, want hoe groter dit is...... hoe meer blommetjies moet ek hekel. Was ek verbaas!  Dit gaan eintlik baie vinnig en sommer tjop tjop was daar 'n hele klompie blommetjies klaar.

Hier is drie van die blommetjies in wording:


 Tussen die blommetjies hekel deur was daar darem ook 'n tydjie afgeknyp vir 'n tydskrif........en daarin het ek op hierdie oulike klein skoenlappertjie patroon afgekom. Nodeloos om te se, het ek sommer dadelik die hekelpen gegryp en hier is die eindresultaat:
Dit is vir my so oulik (en maklik), dat ek sommer besluit het om die patroontjie hier op te sit vir die wat dit wil gebruik:

Onthou: dit is 'n klein skoenlappertjie.
Ek het double knit wol gebruik en 'n 3.5 mm hekelpen.

Hekel 5 ks, gls in 1e ks om 'n ring te vorm.
Hekel (3 ks, 3 dsl, 1 lb, 2 ks, gls) in die ring,
*(2 ks, 3 lb,1 ks, gls) in ring*. Herhaal nog een keer van * tot *.
(2 ks, 1 lb, 3 dsl, 2 ks, gls) in die ring.
Heg af.
Gebruik 'n kontraskleur om die skoenlapper se lyfie en voelers te vorm.

Maklik en vinnig!

Ons sal weer gesels as al my baie blommetjies klaar gehekel is.  Geniet intussen julle Vrydag en.......
laat die brei- en hekelpenne kletter!
Groetnis.

2 comments:

  1. Wat gaan jy maak met die blommetjies? Dis pragtig

    ReplyDelete
  2. Ek gaan NOG 'n kussing vir my ma maak. Haar sitkamerkleure is groen, pers, ligblou en vuilpienk. Die fotos van die badmatjie op jou blog het my die idee gegee, en ek MOES net dadelik aan die werk spring. Ek het al heelwat blommetjies. Elke keer as ek dink hierdie is nou die laaste een vir die dag, dan maak ek maar NOG een. Sal jou op hoogte hou van my vordering. Mooi loop.

    ReplyDelete