Friday 27 April 2012

Van blokke en hoeke en wiskunde ............

Ek hoef dit seker nie eers te sê nie, want julle sal dit kan raai................ my wiskunde was PATETIES op skool.  Ek kan darem optel, aftrek, maal en deel.....maar as dit kom by algebra en driehoeke en dinge, het ek die eerste dag al uit die bus uit geval ......!  Heel moontlik een of ander vorm van kopbesering opgedoen - en dit is waar die 'weirdgeit' vandaan kom! Maar dis nou maar so!

Ek wou vir my 'n onderbaadjie hekel, maar nie sommer ENIGE onderbaadjie nie. Nee.....bietjie iets anders.......en toe draai dit om (saam met die wiskunde-ongeletterheid) en byt my aan die agterstewe!

Ek het sommer dadelik weggeval om blokke te hekel (met die naam hexagon in my kop). Ha ha ha.........heel onbewus van my tekortkoming hekel ek rustig voort, want dit word koud en ek wil dit dra.

Ek kom toe met 'n groot pyn agter dat dit hexagons  toe eintlik pentagons is.  Hoe moet ek nou goeters onthou wat ek in elk geval nie eers op skool geleer het nie ....hehehehe!

So lyk dit toe:

Baie trots op myself (nog voor ek geweet het) begin ek die goed uitpak en probeer dit inmekaar laat pas....... maar NEE, dit WIL NIE PAS NIE!

Nadat al my speelgoed op die grond lê breek my ander helfte die raaisel oop en verwittig my dat dit 5 kante het en NIE 6 nie, en dat hulle nie KAN pas nie.

Ek was op die punt om die hele kaboedel weg te smyt, want ek is nie goed met SUKKEL nie!

Ek het 'n paar draaie gaan stap, koffie gedrink en dit weer aangepak, of (oopgepak).



Soos jy kan sien, moes ek ERNSTIG improviseer, deur al die openinge toe te hekel .....EN nog steeds my sanity in die proses probeer behou.

Nadat manlief 'n paar keer model moes speel sodat ek kon sien waar's my kop en waar's my stert ..........was die einresultaat toe nie TE sleg nie:


Nou sit ek met 'n ander probleem .........of dalk is dit sommer net 'n GEIT!  Ek weet nou nie of ek daarvan hou en of ek lus is om dit te dra nie ..........en dit na AL die frustrasie en deurgekrapte kopvel!

Cheers!

3 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sjoe ek wil onverskoning vra dat ek die eerste "comment" verwyder het! Ek in die Idees tydskrif van Mei oor jou Naalde en Speld gelees. Jou blog my regrig aangeraak, ek so bly om te weet daar nog mens soos ek. Ek moet ook nou n blog begin oor al my naaldwerk en brei projekte.... klink so lekker!
      Dankie

      Delete
  2. Hi Joe, dis lekker om jou te ontmoet. Ek post nie elke dag op my blog nie omdat ek te besig is met handwerk of ek is soms net plein lui .......hehehehe.

    Ek sal baie graag ook wil sien wat jy alles maak. Ons kuier nou tot Sondag hier in Durban by my ma hulle. (ons bly in Pretoria). Dan sal dinge seker ook weer terugkeer na normaal.....alhoewel baie min dinge in my lewe ooit normaal is. Normaal is vir my 'boring.'

    Laat my asseblief weet as jou blog aan die gang is. As jy op Facebook is, kan jy gerus ook na my bladsy gaan kyk: Creative. En ook jou goedjies daarop sit. Dit is sommer 'n bladsy vir almal wat goedjies maak en met ander wil deel, en idees daarop kry, ens.

    Jy kan my oop epos as jy wil. estelle.campher@gmail.com

    Ek sien uit daarna om weer met jou te gesels en te sien wat jy als maak.

    Mooi loop.
    Groetnis
    Estelle

    ReplyDelete