Soos ek alreeds genoem het: Ek is mal oor kleur, en nie bang om dit te gebruik nie..........
Maar een ding waarvoor ek nogal bang is, is hekel-patrone met foute......! En dan nogal baie foute!
Dit is SO 'n groot werk wat ek aangepak het, en van die blokke is nogal ingewikkeld! Nou kan jy dink as daar nog foute in die patroon ook is! As een rytjie 'aangepas' moet word, beinvloed dit natuurlik ook die volgende ry asook die res van die patroon...............want daar is dan te veel steke.
Hierdie vrou het vergeet om te kompenseer vir die hoekies (gewoonlik ch 3), en dis gelukkig nogal logies (alhoewel nie vir beginners nie...) maar daar is allerhande ander foute ook in. Word patrone dan nie getoets voordat dit in sulke duur boeke geubliseer word nie?
Die plan was om hierdie kombers voor die winter klaar te maak, maar tussen die weervoorspellings (baie koud in April al!) en die foutiewe patrone, kan dit dalk bietjie langer vat. Gelukkig is ek nie bang nie (wel, nog nie....), en ek sal dit deursien, want ek wou my lewe lank al so 'n kombers gehad het.
Nou is dit net noord kyk en voortploeter tot dit klaar is. Hopelik voor 2012 se winter!
EN hierdie foute is nie die enigste UITDAGING wat ek het nie.........
So vreeslik begeesterd deur al die verskillende, wonderlike kleure daardie dag in die wolwinkel - en ek het net bolle gegryp. Ek kon behoorlik nie eers wag tot ek by die huis was, om my hande in al daardie KLEUR te kry nie .............en toe ........ o wee .........
Al die wol is 'double knit', maar dit is nie almal ewe dik nie. Party lyk meer soos chunky en ander weer soos 4-draad, en glo my, dis nie so maklik om verskillende diktes wol in een blok te gebruik nie.
So, vanaand drink ek 'n glasie rooiwyn saam met aandete vir good luck op hierdie projek ..........
want, waar daar 'n wil is, is daar mos 'n weg!
Monday, 6 February 2012
Friday, 3 February 2012
HIPPIE DINGE ......
Ek's MAL oor kleur! Enige kleur en die verskillende skakerings daarvan ..........My skoonpa het 'n gesegde gehad: "Mens kry nie lelike vrouens nie - party is net baie mooier as ander!"
Ek voel presies dieselfde oor kleur. Natuurlik het ek my gunstelinge, maar al is 'n kleur nie vir jou mooi nie, het dit tog 'n plekkie iewers .....(solank daai iewers net nie in my huis is nie ....hehehe). As jy bietjie moeite doen, sal jy wel daardie 'lelike' kleur iewers in die natuur kry ........ en daar lyk dit glad nie lelik nie, want dis op die regte plek!
Toe ek 'n jong meisie was sou niemand eers daarvan gedroom het om pers en oranje, rooi en groen, ens. saam te sit nie. En later vertel hulle (wie hulle ook al mag wees...) dat pers die teenoorstaande en komplimenterende kleur van oranje op die kleurwiel is, dus staan albei baie beter uit. Wie was nou al die tyd reg en wie was verkeerd? ............... Alles 'n klomp tjol as jy my vra!
Dis nie te se as ek van allerhande bont kleure saam hou dat dit verkeerd is nie, en dis ook nie te se JY moet daarvan hou nie........en vice versa. Die ergste wat jy kan se is: Sy's WEIRD!........want ek weet ek's weird en ek is TROTS DAAROP!
En dis presies hierdie weird-geit wat my nou al die bont wolle bymekaar laat gooi het. Ek gaan UITEINDELIK vir my 'n hippie kombers hekel. Ek het gistermiddag begin ...........en dis absoluut CRAZY om sulke vreemde (verkeerde?) kleure bymekaar te gooi. Lekker! Never a dull moment.
Hier is my 'stir-fry' mandjie:
15 verskillende kleure (dalk sit en sommer
nog by vir die fun)
Nou jeuk my vingers so dat ek nie meer kan tik nie ...........
So ek se maar vir eers ........TOODLES!
Wednesday, 1 February 2012
Vreemde kleure
Waar is die dae toe baba kombersies ligpienk of ligblou was?
My skool het seker heeltemal te lank terug uitgekom, maar dis nou nog vir my 'magic' om babatjies in ligblou, -pienk, -geel, en 'n sagte babagroen te sien. Babatjies moet SAG lyk en voel, en lekker ruik. Dit is vir my sinoniem met skone onskuld en perfektheid, amper onwerklik .......
Daar is heeltemal genoeg tyd vir donker, harde kleure wanneer hulle groter word en self besluit wat hulle wil aantrek.........maar nou ja..........
Ek wil my nou nie regtig soos 'n oumatjie gedra nie, want dan gaan die jong klomp vir my lag (wat hulle in elk geval een of ander tyd gaan doen...!) en toe maak ek die pienk en pers bietie donkerder vir hierdie kombersie. Ek weet nou nog nie of ek baie mal is daaroor nie, en ek hoop maar die mamma gaan dit 'aanvaarbaar' vind. (sjoe, want dit is 'n groot werk)
Ek ken nie regtig die mamma nie (net van sien - dalk drie of vier keer). Dit is my beter helfte se baas, en sy kom so dan en wan hier by die woonstelblok 'n draai maak.
En ek het nou SO gereken: Ek het tog nie veel anders om te doen nie, wat eintlik 'n klein wit leuentjie is, want daar is baie om te doen, maar my rug is te seer om dit te doen, so sit en hekel is die in-ding (nie dat ek te hard kla nie).
Terwyl ek so sit en werk aan hierdie skepping sonder 'n patroon, stap my gedagtes op ver paaie: Gaan sy al hierdie harde werk waardeer? Wat weet sy van handewerk af? Gaan sy dink die kleure is outyds? Waardeer hulle al die ure wat hierin gegaan het? Dalk sou pers en oranje meer aanvaarbaar gewees het .......en SO dryf ek myself 'n paar keer teen die mure uit!
Op 'n kol besluit ek toe: BASTA hiermee! As niemand meer handgemaakte goetertjies maak nie, hoe sal die jonges van vandag enigsins weet dat goed wel met die hand gemaak KAN word. Alles kom mos van China af! Gaan Google dit net......en siedaar!
Maar daar is geen 'siel' daarin nie. Elke gedagte van die skepper van 'n handgemaakte artikel is vasgeweef in elke stekie (party goed, party sleg, party ook hartseer en bly). Is dit nie dalk net moontlik dat die klein mensie wat onder hierdie 'gedagte-kombersie' slaap, so 'n bietjie van 'n ander siel kan voel nie? Alles is tog so afgejaag en plasties vandag.
En terwyl ek hier tik, besluit ek dat dit nie saak maak wat sy of enigiemand anders hiervan dink nie. Hierdie twee hande het dit gemaak. Daar is energie is. Ek sal waarskynlik nooit die babatjie ken of haar ooit sien nie, maar dit maak nie saak nie -
Ek weet elke stekie is geweef met die doel dat dit die ontvanger hiervan se wereld 'n bietjie beter sal maak ............... en dis AL wat saakmaak...............

Tuesday, 31 January 2012
Van Bytjies en Blommetjies .......
Soms is ek net nie ingenome met 'n eindproduk nie, (soms is dit meer as net soms) en dit is nou een van daardie "soms".
Partymaal lyk dit vir my of goeters tog 'n wil van hulle eie het, want die prentjie wat ek in my kop het van iets, en die eindproduk is selde dieselfde. Dalk is die prentjies in my kop net TE kleurvol en perfek - en watter mens kan nou daarby uitkom?
'n Leiklip-vloer kan nie so hard wees soos wat ek soms ......(ok, meeste van die tyd) op myself is nie. Alles moet mos perfek wees, anders is dit nie reg nie. Hallo .......wake up and smell tthe coffee ......... (maar ek wil cuppacino he, en NIE net Ricoffy nie)......NIEMAND is perfek nie! ........(Hoekom nie?.....)
Maar my blommetjies is gehekel en hulle moes op die kussing kom ........nou's hulle op die kussing.......en O wee! Een van die minder suksesvolle pogings..........Dalk is dit net my bio-ritmes wat weer woer-woer speel, maar ai!
Hoe (on)perfek dit ook al is, hier is dit wat toe glad nie lyk soos in my kop nie ......
Hopelik is die babakombers waaraan ek nou werk beter ....... of dalk voel EK dan net beter....!
Enige iemand vir 'n kussing........?

Wednesday, 25 January 2012
Die vingers is besig!
Daar is darem min dinge so lekker as om die hekelpen te vat en iets mooi daaruit te skep. En terwyl jy besig is, loop jou gedagtes op ver paaie. Daar maak dit snaakse draaie in jou hartkamers ........ soms pyn-gedagtes, maar dis net vlugtig en gaan net saggies verby. Gou-gou is dit weer op 'n ligter plek met net mooi herinneringe. Mens kan nie by negatiewe gedagtes rondhang terwyl jy besig is om iets mooi te skep nie.....(ek praat nou nie hier van 'n diep en donker skildery nie, dis 'n storie vir 'n ander dag)
My blommetjies vorder fluks:
Dalk dink julle die kleure is weird, maar dit sal wel
alles bymekaar kom as ek klaar is.
Nog so klompie om te gaan.............
Intussen: Moenie dat die wol in die kas opraak nie!
Groetnis.

Friday, 20 January 2012
Nuwe inspirasie
Ek was so geinspireer deur fotos wat ek op 'n vriendin se blog gesien het, dat ek sommer dadelik die wol naderge"HAAK" het. Dis reg ............. dis tyd om te hekel. Dankie Elsa vir jou inspirasie!
Ek het besluit om nie 'n TE groot projek aan te pak nie, want hoe groter dit is...... hoe meer blommetjies moet ek hekel. Was ek verbaas! Dit gaan eintlik baie vinnig en sommer tjop tjop was daar 'n hele klompie blommetjies klaar.

Hier is drie van die blommetjies in wording:
Tussen die blommetjies hekel deur was daar darem ook 'n tydjie afgeknyp vir 'n tydskrif........en daarin het ek op hierdie oulike klein skoenlappertjie patroon afgekom. Nodeloos om te se, het ek sommer dadelik die hekelpen gegryp en hier is die eindresultaat:
Dit is vir my so oulik (en maklik), dat ek sommer besluit het om die patroontjie hier op te sit vir die wat dit wil gebruik:
Onthou: dit is 'n klein skoenlappertjie.
Ek het double knit wol gebruik en 'n 3.5 mm hekelpen.
Hekel 5 ks, gls in 1e ks om 'n ring te vorm.
Hekel (3 ks, 3 dsl, 1 lb, 2 ks, gls) in die ring,
*(2 ks, 3 lb,1 ks, gls) in ring*. Herhaal nog een keer van * tot *.
(2 ks, 1 lb, 3 dsl, 2 ks, gls) in die ring.
Heg af.
Gebruik 'n kontraskleur om die skoenlapper se lyfie en voelers te vorm.
Maklik en vinnig!
Ons sal weer gesels as al my baie blommetjies klaar gehekel is. Geniet intussen julle Vrydag en.......
laat die brei- en hekelpenne kletter!
Groetnis.
Wednesday, 18 January 2012
Denim...... o, wonderlike denim!
MAAR........ ek haat mense wat "brand-name" verskrik is! Watse ding is 'n ontwerpers jean of 'n ontwerpers handsak nou eintlik? Dis ook net 'n denim broek waar jy albei jou twee bene insteek, met 'n zip voor en twee sakke op die alie. Selfde met die handsak: Dis ook net 'n sak waarin jy jou goodies kan ronddra. Ooooooo, maar daar IS 'n verskil, se die slimmes: Die NAAM en die KWALITEIT. Bulldust!
Ek het al 'name-brand' goed gesien wat ek nie verniet wil he nie. Dit lyk soos 'n ou uitgewaste stuk flenterlap ..........en dan moet jy SULKE geld daarvoor betaal, sodat ander mense moet dink jys "GRAND"!
Hoe leeg IS ons mense se koppe. Ek sien by die materiaal winkel allerhande aanstrykgoed en vaswerkgoed in enige fancy "brand" waaraan jy kan dink. Koop dit, stryk dit.... of werk dit .....en VIOLA!...... Jy gaan 'n hele paar mense bull@$#%!it en OOK JOUSELF!
Ek het besluit om dit binne ook
bietjie meer fun te maak.
Bank-kaarte, Dischem-kaarte, Clicks-kaarte, Pick & Pay-kaarte, en wie weet wat se kaarte nog alles (dankie tog dis nie alles 'n klomp skuld nie!) gee regtig vir my 'n pyn op plekke waar ander mense nie eers plekke het nie .........Ek moet altyd deur honderde kaarte soek om die regte een te kry wat ek NOU wil gebruik. Toe besluit ek om iets te probeer. En dit het OMTRENT kopkrap gekos, maar so lyk die resultaat en dit pas sommer los in die sak:
Glo my, na drie dae se werk is ek bly dis klaar. Dit was 'n groot werk, maar alles die moeite werd. Daar is min goed SO lekker as om enigiets wat jy maak, klaar te sien. Geen geld kan dit koop nie. Ons mense wil nou maar eenmaal skep.
Ek sal nooit verstaan dat daar mense is (en ek ken sulkes) wat net mooi niks maak nie. Ek voel jammer vir hulle, want hulle sal nooit die satisfaksie ken wat ons 'skeppers' ken nie. Almal hoef nie noodwendig te dink jou skepping is mooi of prakties nie, maar dit maak nie saak nie.......solank jy daarvan hou ........dit is AFTER ALL joune!
Intussen jeuk my hande om iets anders te begin....... so ek kan nie nou meer verder gesels nie ........my lap en sker wag ...............
Subscribe to:
Posts (Atom)